Karoo na Kaap

Date: 
05 February 2017 to 10 February 2017
Since: 
2012
Max people: 
16
Places Available: 
nil.
Distance: TBA
Cost: TBA
Days: 
5
Registrations: Fully booked

Anders as as die ander toere wat ek reel is ek nie die "stigter " van die Toer nie.
Die eer kom wyle De Wet Luttig toe.
In 2012 het De Wet en n vriend met hulle fietse van Prins Albert na Kaapstad toe gery sodat hulle betyds kan wees vir die jaarlikse Argus toer.
De Wet het daarna vir Johan Fourie daarvan vertel en in 2013 nooi De Wet vir Johan saam. Johan nooi vir Lourens wat op sy beurt vir Mike en Johan Breunissen nooi . De Wet nooi vir Hennie en Naas.
In 2013 het die groepie dit toe weer gedoen teerpad Kaap toe hoofsaaklik op die R62.
Daarna is nog ryers genooi en in 2014 en 2015 was die groepie groter
Gedurende die 2016 Toer waarheen ek genooi was het die ryers my gevra om die 2017 toer te reel.
En so lyk die 2017 roete.
Sondag 5 Maart 2017.
Ons vertrek vanaf Eight Bells Hotel aan die voet van die Robinson Pas buite Mosselbaai en ry na Rooiberg Lodge .
Maandag 6 Maart 2017 .
Ons trap vanaf Rooiberg Lodge via van Wyksdorp en die Gysmanshoek Pas na Oudebosch , 'n plaas naby die Kanetpoort Dam.
97 km.
Dinsdag 7 Maart 2017.
Die dag se roete neem ons van Oudebosch verby die Grootvadersbosch natuurreservaat en Zuurbraak na Swellendam.
83 km.
Woensdag 8 Maart 2017 .
Dit is n lang dag deur die Overberg van Swellendam na Greyton via Riviersonderend.
By die Blou Meul in Riviersonderend wag die beste pasteie in SA.
100 km.
Donderdag 9 Februarie 2017.
Ons ry uit Greyton via Caledon en die Hemel en Aarde vallei na Hermanus.
75 .
Vrydag 10 Maart 2017.
Elkeen gaan sy eie rigting en rus bietjie vir die Argus.