Morning Glory karoo toer

Date: 
19 October 2022 to 23 October 2022
Since: 
2022
Max people: 
30
Places Available: 
13
Distance: 
320km
Cost: 
R6 500
Days: 
4
Deposit: 
R1 500
Registrations: 
Open

Woensdag 19 Oktober.

Arriveer in George . Vir die wat vlieg kan vervoer gereel word tussen die lughawe en die Protea Hotel King George waar ons die eerste nag slaap.

Die wat ry kan motors veilig laat by die King George tot Sondag

Donderdag 20 Oktober

Vertrek na ontbyt en trap oor die Montague Pas , deur Herholdt en Paardepoort verby die kammanassie dam en Dysselsdorp tot in de Rust .75 km.

Heerlike aandete by House Martin

Vrydag 21 Oktober 

Vertrek na ontbyt en trap deur Meiringspoort , draai af by die Middelwater pad en later links na Prins Albert . 86km waarvan 64 stil teerpaaie is.

Weereens heerlike aandete na n paar biere of ander koeldranke by die Green Prince Gin Bar

Saterdag 22 Oktober

Vertrek na ontbyt en takel die majestieuse Swartberg Pas. n Bucket list trap vir enige fietsryer .

Regs by Kobus Se gat en dan deur Lategansvlei tot in Oudtshoorn waar ons Pine die braaimeester dophou om aandete te maak.

Sondag 23 Oktober

Vertek na n vroee ontbyt na George . Hierdie keer is dit Montague Pas af . 62 km.

Plek is gereel vir stort en aantrek voor almal vertrek.

Die toergeld sluit ALLES in. Verblyf al die maaltye support water en koeldranke op pad. Enigste ekstra is drankies.