Vermaaklikheid Toer

Date: 
10 February 2018 to 17 February 2018
Since: 
2009
Max people: 
18
Places Available: 
nil
Distance: 
565km
Cost: TBA
Days: 
7
Registrations: Opens 01 November 2017

Hierdie toer , ook bekend as die Klein KKK het in 2009 ontstaan toe ryers wat al die KKK gery het my gevra het om n toer te reel vir Epic oefening . Vir n paar jaar het ons op dele van die KKK roete gery met wysigings .
In 2013 het ons van Stellenbosch na George gery en in 2014 en 2015 van Hermanus na George . Om blyplek in Stellenbosch te kry aan die begin van die jaar was net te moeilik en duur . 2014 en 2015 se Hermanus na George het goed gewerk met meeste ryers van Pretoria kon hulle vlieg na Kaapstad waarvandaan ons hulle met n bus geneem het na Hermanus en weer met n bus van Glentana na George lughawe .
AS gevolg van my verhuising na Prince Albert was dit gerieflik om die begin en eindpunt na George te verskuif .
Op hierdie Toer gaan ons 2 dae in Stilbaai of Jongensfontein deurbring
Saterdag 10 Februarie 2018
Land/ry na George lughawe , sit fietse aanmekaar en trap na Eight Bells Hotel aan die voet van die Robinson Pas.
Sondag 11 Februarie 2018
Ry ( trap ) van Eight Bells na Albertinia . 100 km
Maandag 12 Februarie 2018
Trap van Albertinia na Stilbaai .
Dinsdag 13 Februarie 2018
Ry / rus /kuier in en om Stilbaai
Woensdag 14 Februarie 2018
Trap van Stilbaai na Oudebosch via Riversdal .
Donderdag 15 Februarie 2018
Trap van Oudebosch via Gysmanshoek Pas en van Wyksdorp na Rooiberg Lodge . 96 km.
Vrydag 16 Februarie 2018
Trap van Rooiberg na Eight Bells op die Robinson Pas. Ongeveer 90 km
Saterdag 17 Februarie 2018 .
Trap van Eight Bells na Glentana
Daarvandaan lughawe toe of huis toe.