Testimonials

Hi Arno
 
Ons 8 Tzaneeners het elkeen vir jou ‘n boodskap net om dankie te sê vir ‘n onvergeetlike week. Van my kant af BAIE DANKIE vir al jou reëlings wat so vlot verloop het. Al die etes was ook vyfster verby !!!
 
Groete tot ‘n volgende keer.
Piet
 

 
Goeie dag Arno
 
Ek kan nie glo ek sit weer op kantoor na so 'n onvergeetlike week in Namakwaland nie. Baie dankie vir 'n wonderlike toer. Alles die hele week was 'n belewenis. Die verblyf, etes, natuurskoon en geselskap word opreg waardeer. Die ervaring sal my vir ewig bybly. Dra asb. ook my dank en groete aan Charl oor. Nogmaals baie dankie.
 
Groetnis en seënwense.
 

 
ARNO------NAMAKWALANDTOER:
 
...........PYN en LYDING, VASBYT, KOUE, HITTE.... "skills" waarvan ek nog nooit gehoor het nie, LEKKER EET, BAIE LAG........... "Awesome" mense ontmoet........... DANKIE
ARNO- n wonderlike
ervaring wat net n "blond" (ou blond) sal aanpak wat nog NOOIT bergfiets gery het nie!
 
Groete
Iris
 

 
Dag sè Arno,
 
Baie dankie vir die beste week van fietsry wat ek ooit gehad het.
Voorspoed met die trou reelings ,lekker vakansie hou in Mauritius  en voorspoed met die Oktober toer.
As ek gespaar bly ry ek volgende jaar die Karoo toer saam.
 
Groetnis,
De Wet
 

 
Hi Arno,
Om baie dankie te se vir die week daar in Namakwaland is regtig lee woorde in vergelyking met dit wat ek beleef en ervaar het,
Alles was ongelooflik,die kos,die blyplek al jou reelings,bystand en die eenheid wat jy geskep het in die groep.
Stuur ook asb groete vir Charl en bedank hom ook namens my
 
Groete
Anne-Marie
 

 
Hello Arno
 
"Net om die draai" and 5 bulte later I did realise that all one has to do is to look to nature to see the magnificent display of abundance, life and beauty in countless form, in every condition and climate, and when you open your eyes to the essence of abundance, you will feel your fears of lack, slipping away as truth reveals itself ... WE CAN DO IT!
 
We did do it, and it was all thanks to you and your amazing tour. Sights, sounds and scenery were superb, and absolutely amazing.
 
Thank you for unlocking the world of mountain biking and its pleasures. This journey will be carried in memory and pictures for many years to come.
 
Thank you muchly
 
Claire Joubert
 

 
Hi Arno
 
Baie dankie vir n GREAT week. Dit was harde bene kou en baie bulte op maar uit en uit die moeite werd!!
Die fotos gaan nog baie gekyk en gewys word!
 
Marietta
 

 
Hi Arno
 
Dit is nie net jou beplanning en foutlose reëlings wat die toer so 'n ongelooflike sukses gemaak het nie, dis jou kalm, rustige energie en great persoonlikheid ook!
 
Baie dankie, dit was 'n onbeskryflike ervaring!
 
Groete
Monica Roode